Jaarboeke

Menslike kommunikasie 110


 
Modulekode KMP 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote -  vereis departementele keuring
Neurologiese beheer van kommunikasie. Normale ekspressiewe prosesse: Die rol van respirasie, fonasie, resonansie, artikulasie en suprasegmentele eienskappe in spraakproduksie; spraakproduksiemodelle en verskynsels. Normale reseptiewe prosesse: Anatomie en fisiologie van die ouditiewe sisteem, resepsie en prosessering van klank en spraak. Beginsels van normale ontwikkeling: Beskrywing van prenatale ontwikkeling tot kinderontwikkeling; ontwikkeling van voeding, luister, kognitiewe, motoriese, sosio-emosionele ontwikkeling, hegting, sorgpatrone en die relevansie vir kommunikasie-ontwikkeling. Normale kommunikasieontwikkeling van kinderjare tot volwassenheid: Spraak-, taal-, en gehoorontwikkeling; die invloed van ouderdom op die kommunikasieproses en gehoor; kommunikasievariasie in 'n veeltalige en multikulturelegemeenskap.

Modulekrediete 5.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Spraak-Taalpatologie en Oudiol
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences